MEYER SE GROWWE BRUINBESKUIT
- Die “basis bestanddele”:
- 500 g REGTE botter
- 500 g bruismeel
- 500 ml karringmelk
- 500 g bruinsuiker
- 5 ml sout
- 3 jumbo eiers
- Voeg die “Ekstra Bestanddele” by:
- 200 g All Bran flakes
- 150 g gekapte dadels
- 150 g rosyne
- 150 g sultanas
- 100 g gemengde neute
- 100 g klapper
- 100 g semels
- 100 g gemenge sade
- 3 ml karamel geursel
- 3 ml fyn kaneel
Smelt botter en bruinsuiker, en laat effens afkoel.
Meng al die droë bestanddele goed deur.
Klits eiers en karringmelk goed deur.
Voeg al die nat bestanddele by die droë bestanddele.
Meng goed deur. Skep in beskuit pan en maak gelyk.
Bak teen ±170ºC vir 25 min, dan teen ±150ºC vir 25 min.
- Vir die batch in die foto, het ek die volgende bygesit:
- 200 g dadels, grof gehalveer
- 100 g sonneblom saad
- 50 g sesame saad
- 50 g poppie saad
- 100 g sultanas
- 100 g rosyne
- 100 g amandel vlokkies
- 100 g klapper
- 150 g cake mix
- 50 g semels
- 50g muesli
- 150 g all-bran flakes
- 1 teelepel kaneel
- 1 teelepel sout
- 2 teelepel bakpoeier
- 5 ml vanilla
Bak vir 1 uur by 150ºC (ek het ‘n thermofan oond, ek roteer die pan elke 20 min.)
Nota:
Hierdie tipe growwe/bruin beskuit moet verkieslik oornag ‘rus’ want dis baie brekerig as jy dit dadelik wil droog. Ek sny dit terwyl dit nog warm in die pan is, maar droog dit eers die volgende dag wanneer ek van die werk af kom, en dit tyd gehad het om te settle.
Resep en foto: Meyer Combrinck