Your Recipe Blog

MEXIKAANSE SKYWE MET HAM

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 16 skywe

MEXIKAANSE SKYWE MET HAM

  • 10 ml olie
  • 1 ui, gekap
  • 1 chorizo of rookwors, in stukkies gesny
  • 1 ½ koppie gekapte gaar ham of gammon
  • 1 groen of rooi soetrissie, gekap
  • 2 koppie pitmielies (vars/geblik/gevries)
  • 1 teelepel gemende kruie
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • ¼ koppie elk koljanderblare, en grasuie, fyn gesny
  • sout en peper na smaak
  • 1 koppie bruismeel
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • ½ koppie melk
  • 60 ml olie
  • 2 eiers
  • 1 koppie mielie skyfies (soos Doritos), fyn gedruk
  • paprika om bo-oor te strooi

Verhit die olie in ‘n pan op die stoof en braai die ui tot sag.
Voeg die wors, ham, soetrissie, mielies, kruie, paprika, koljanderblare, sout en peper by die uie en braai die bestanddele vir 5 – 10 minute oor lae hitte.
Skep die mengsel uit in ‘n mengbak en laat dit afkoel vir 5 minute.
Meng die meel, ½ koppie kaas, melk, olie en eiers by die afgekoelde wors- en uiemengsel en meng deur.
Skep die mengsel in ‘n oondbak wat uitgevoer is met bakpapier.
Strooi die skyfies, oorblywende ½ koppie kaas en paprika bo-oor die mengsel in die oondpan.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 160ºC vir 30 minute tot deurgebak en bruin bo-op.
Sny die gereg in 8 vierkante en deel elke vierkant in 2 driehoeke.
Lewer 16 driehoeke.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page