Your Recipe Blog

MERINGUEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 min.

MERINGUEKOEK

Hierdie is ‘n treffer koek en ek kan hom regtig aanbeveel, as jy wil “beindruk” probeer hierdie koek. Hy lyk baie mooi en is nie baie soet nie.

  • 125 g sagte margarien
  • 100 ml suiker
  • 3 eiergele
  • 250 ml koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 125 ml melk
  • 100 g okkerneute
  • 4 eierwitte
  • 250 ml suiker vir meringue

Stel oond op 180°C, smeer twee los boom koekpanne (20.5 cm) en bestrooi met meel.
Klop botter en suiker tot romerig, voeg een – een eiergeel by .
Sif meel en bakpoeier saam en roer beurtelings met melk by botter mengsel.
Skep in panne en maak gelyk.
Hou paar okkerneute eenkant vir versiering, kap die res fyn en strooi bo-oor die deeg in die panne.
Klits eierwitte effens, voeg die suiker baie geleidelik by en klop baie goed tot stywe meringue.
Skep op die deeg, maak gelyk en bak vir 25 min.
Laat koeke afkoel in die panne.

  • Klits saam tot styf:
  • 250 ml room
  • 5 ml vanilla geursel
  • 10 ml suiker

Keer die koeke uit en hou meringue laag bo, smeer room op die laag en sit die ander koek bo-op.
Smeer die res van die room bo-op en versier met okkerneute.
Kan bietjie kakao oor sprinkel vir versiering.
Geniet hom, dit is ‘n treffer.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page