Your Recipe Blog

MERCIA SE UIE RINGE

MERCIA SE UIE RINGE

  • uie, in dikkerige ringe gesny
  • Aromat of speserye na smaak
  • ekstra koekmeel
  • olie vir braai
  • Deeg:
  • 2 koppies koekmeel
  • 10 ml bakpoeier
  • 5 ml sout
  • 1 eier
  • 1½ koppie yskas water of net genoeg tot ‘n lekker slap deeg vorm

Sny uie in dikkerig skywe en laat le in yskoue water.
Haal die uieringe uit, skud droog en plaas in ‘n bak met meel sodat die uieringe heeltemal in meel bedek is.
Haal die uieringe in porsies uit die meel en plaas in die deeg, skep uit en sit dadelik in medium warm olie om te braai.
Olie nie te warm dan word hulle te vinnig bruin, wanneer die kleur reg is, skep uit en plaas op kombuispapier.
Stooi dadelik die Aromat of geursel oor en bedien.

Nota:
Dit was heerlik.
Ons het omtrent 3 baksels gekry maar als is op. So gou as wat dit uit die pan kom word dit geëet.
Dis regtig ‘n wenner.

Resep en Foto: Mercia Pretorius

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5