MENGELMOES RICE CRISPIE KOEKIES
Het Rice Crispies en Marsmallows gehad en besluit om Rice Crispie koekies te maak. Sien toe die gedroogde appelkose en pekaneute raak en besluit om ‘n nuwe weergawe te maak. So ontstaan die Mengelmoes Rice Crispie koekies toe.
- 180 g gedroogde appelkose, in stukkies gesny
- 50 g wit sjokoladesplinters
- 180 g pekaneute, in stukkies gesny
- 100 g klapper
- 200 g heel kersies
- 130 g Coco Pops
- 250 g margarien
- 360 g malvalekkers
- 5 koppies Rice Krispies
Smelt die margarien in groot pot, voeg die malvalekkers by en roer tot malvalekkers gesmelt is.
Meng al die ander bestanddele saam en voeg by gesmelte malvalekkers.
Roer tot alles gemeng is. Keer uit in ‘n gesmeerde oondpan en druk vas. Laat staan tot heeltemal koud en gestol.
Sny in blokkies en geniet.
Resep en foto: Alta de Wet