Your Recipe Blog

MENGELMOES KARDOES AARTAPPELGEREG

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 minute

MENGELMOES KARDOES AARTAPPELGEREG

Ek en Ansuné het vandag saam hierdie aartappelgereg gemaak. Na die lekker eet van die afgelope tyd het ons besluit om iets anders vir middagete te maak.

  • 5 groot aartappels gekook, gooi sout na smaak by terwyl dit kook
  • 1 gekarameliseerde rooiuie
  • 1 halwe pakkie potato bake, na eie smaak (ons het garlic en herb gebruik)
  • 250 g spek (ons het die spek eers krakerig gebraai)
  • 250 ml kaas, gerasper
  • 150 ml botter
  • 5 ml Italiaanse kruie
  • nog gerasperde kaas om bo-oor aartappels te strooi, voeg ook 5 ml gedroogde pietersielie by die kaas

Kook aartappels in skil tot gaar. Laat afkoel. Halveer die aartappels, skep die middelste gedeelte van die gehalveerde aartappels uit en maak dit fyn.
Meng potato bake, spek, gekarameliseerde rooiuie en kaas by.
Smelt botter en meng 5 ml Italiaanse kruie in.
Draai uitgeholte aartappels skil na bo op ‘n bakplaat en verf gesmelte botter bo-oor. Sit onder die oond rooster en bak tot die skil goudbruin is.
Draai om met holtes boontoe en skep die fyn aartappelmengsel in die holtes.
Bak vir 15 min by 180°C.
Strooi die kaas en pietersielie mengsel oor die aartappels. Strooi paprika oor en sit terug in die oond tot kaas gesmelt is.
Ons het dit saam met avo en Feta slaai bedien.

Resep: Elna en Ansuné Erasmus
Foto: Elna Erasmus

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5