MELKTERTBESKUIT
Het gister oggend die melktert beskuit resep probeer… Dames dit is uit die boeke 👏 Dankie vir die resep. Ek kon nie onthou wie was die dame wat dit gepos het nie, maar hier is my foto. My man is mal oor die beskuit.
- 1 kg bruismeel
- 500 ml ultramel vla
- 2 koppies suiker, kan verminder
- 15 – 20 ml kaneel, na smaak
- 5 ml amandelgeursel
- 2 eiers
- 250 g botter, gesmelt
- 5 ml sout
Klits die eiers goed tot lig.
Voeg vla en geursel by en laaste die gesmelte botter.
Hou dit eenkant.
Sif die bruismeel en sout saam.
Voeg die suiker by en meng deur.
Meng die eiermengsel met die meelmengsel.
Dit moet ‘n hanteerbare deeg vorm.
Voeg nog meel by indien dit te klam is.
Bak dan in panne van jou keuse op 180°C vir 30 – 35 minute tot gaar.
Droog uit in matige oond.
Foto: Sarie van Vuuren
Resep: Rita van der Nest