Your Recipe Blog

MELKTERT YSKASTERT

MELKTERT YSKASTERT

Resep en foto:  Ilze Jacobs
Ek het in die week die resep van Om die Kombuistafel op my facebook feed gesien-en geweet ek gaan dit die naweek vir ons maak. Dit is regtig ongelooflik lekker en ek gaan dit verseker nog ‘n paar keer die somer maak.

  • 3 koppies melk
  • 1 ekstra koppie melk
  • 2 kaneelstokkies
  • 1 blik kondensmelk
  • 5 eetlepels maizena
  • 6 eetlepels vlapoeier
  • 1 eier
  • 100 g botter, in blokkies gesny
  • 1 pak tennisbeskuitjies
  • Verhit 3 koppies melk met die kaneelstokkies totdat dit net wil kook in ‘n pot op die stoof.
  • Verwyder van die stoof af en laat staan vir 10 minute.
  • Verwyder die kaneelstokkies.
  • Meng nou die ekstra 1 koppie melk, saam met die kondensmelk, maizena en vlapoeier, en voeg by die warm melk in die pot (meng vinnig voordat dit klonte maak).
  • Roer oor ‘n medium hitte totdat dit begin verdik (Ek het my mengsel op die stoof in die pot met ‘n elektriese klitser geklits om seker te maak dis heeltemal glad).
  • Klits die eier in ‘n bakkie, voeg bietjie van die warm melkmengsel by en klits weer baie goed.
  • Klits of roer die eiermengsel en die botter by die warm melkmengsel in.
  • Pak nou die helfte van die tennisbeskuitjies in ‘n gesmeerde tertbak en giet helfte van die vulsel bo-oor.
  • Herhaal met die ander helfte van die koekies en dan die res van die vulsel.
  • Maak dit mooi gelyk, sprinkel fyn kaneel bo-oor en verkoel n paar ure (of oornag) in die yskas.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page