Your Recipe Blog

MELKTERT VULSEL

MELKTERT VULSEL

  • 1 liter volroom melk met 1 eetlepel botter  saam gekook
  • 1 koppie suiker
  • 1 ½ eetlepel hoogvol koekmeel
  • 1 ½ eetlepel Maizena
  • 1 eetlepel vlapoeier
  • ¼ teeleepel sout
  • 3 groot eiers, geklits
  • 1 teeleple vanilla

Meng droë bestanddele saam.
Meng nou die eiers  en vanilla in die meelmengsel in. Roer goed.
Waneer melk kook voeg bietjie vir bietjie daarvan by eiermengsel terwyl jy heeltyd roer en ‘n gladde mengsel het.
Meng nou die meelmengsel in by die res van melk in terwyl jy heeltyd roer in die pot op die stoof.
Roer en kook tot dik en kook vir ten minste 3 min.
Skep uit in gespuite tertbak en laat koud word.
Sprinkel kaneel oor na smaak.

Vir klein tertjies:
Laat vulsel heeltemal koud word en spuit dan in die doppies.
Vir groot melktert gebruik ek Tennisbeskuitjies as kors onder in die bak.
Vir smart wees, bak ‘n skilferkors kors blind met bone en skep warm melktert vulsel in.

Resep en foto: Dalene Rautenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page