Your Recipe Blog

MELKTERT SONDER EIERS

MELKTERT SONDER EIERS

Dit is regtig baie lekker, ek kan die reuk van eier nie verdra nie, so die resep is perfek vir my. Geniet.

  • Kors:
  • gekrummelde koekies gemeng met gesmelte botter
  • Vulsel:
  • 2 ½ koppies melk
  • 3 teelepels botter
  • 80 ml Maizena
  • 40 ml koekmeel
  • 140 g strooisuiker
  • 2 ml vanilla geursel
  • kaneel

Druk die koekiemengsel in die bodem van ‘n tertbak vas en plaas in die yskas terwyl jy die vulsel maak.
Plaas die melk en botter in ‘n kastrol.
In ‘n groterige maatbeker meng die Maizena en meel met bietjie melk tot geen klonte en lekker romerig.
Voeg die strooisuiker by die meelmengsel en meng goed.
Sodra botter gesmelt het en melk amper kookpunt bereik,  draai die hitte laer. Voeg bietjie van die warm melk by die meelmengsel in die maatbeker, roer vinnig dat daar geen klonte vorm nie. Skep die meelmengsel by die melkmengsel in die kastrol. Meng vinnig en aanhoudend tot die mengsel goed verdik het.
Indien jy ‘n dikker melkpap verkies, meng nog bietjie Maizena en meel en voeg by die warm melkmengsel terwyl jy vinnig klits om klonte te voorkom. Kook weer deur.
Wanneer die mengsel lekker dik is, verwyder die kastrol van die stoof, voeg die vanilla by en klits of roer goed.
Skep die vulsels op die kors, maak gelyk en strooi kaneel bo-oor.
Laat staan die tert tot afgekoel, voor bedien word.

Nota:
Moira Botha Dyer – Ek sit myne NIE in die yskas nie, dis asof dit vog opbou.
Gillian Vermeulen – Ek het 80 ml bruinsuiker en 5 ml vanilla geursel gebruik.

Resep: Moira Botha Dyer
Foto: Gillian Vermeulen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page