Your Recipe Blog

MELKTERT MUFFINS MET KARRINGMELK

MELKTERT MUFFINS MET KARRINGMELK

  • Muffin deeg:
  • 210 g (310 ml) koekmeel
  • 2 teelepels (10 ml) bakpoeier
  • ½ teelepel (2.5 ml) koeksoda
  • 75 g (90 ml) suiker
  • 5 ml kaneel
  • 1/2 teelepel sout
  • 1 eier
  • 45 g margarien, gesmelt
  • 250 ml karringmelk of 175 g jogurt
  • 75 ml melk

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 12 muffinhouers of holtes met kleefwerende sproei.
Meng al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
Klits die eier, gesmelte margarien en karringmelk saam in ‘n mengbak en voeg dit by die droë bestanddele. Roer net tot gemeng.
Skep eetlepelsvol deeg in elke holte. Skep ‘n hoogvol teelepel melktertvulsel in die middel van elkeen.
Druk dit effens in die deeg in.
Verdeel die res van die deeg tussen die muffins om die melktertvulsel te bedek.
Bak vir 15 minute.

  •  Vir die melktertvulsel:
  • 250 ml melk
  • 5 ml margarien
  • 1 eier
  • 60 ml suiker
  • 25 ml koekmeel
  • 25 ml mielieblom
  • 5 ml vlapoeier
  • 2.5 ml vanieljegeursel

Verhit die melk en margarien in ‘n klein kastrol oor lae hitte.
Klits die eier en suiker saam met ‘n vurk.
Meng die meel, mielieblom en vlapoeier saam en voeg dit by die eier-suikermengsel.
Voeg stadig die warm melk by hierdie mengsel terwyl jy voortdurend roer.  Plaas dit terug in die kastrol en bring tot kookpunt.  Prut vir 2 minute terwyl jy roer.
Plaas  die kastrol se deksel op, skakel die hitte af en laat dit vir een minuut staan.
Voeg  die vanieljegeursel by, roer goed deur en gebruik as vulsel vir die muffins.

Resep geplaas deur Rene Wessels
Foto:  Rene Wessels

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page