MELKTERT KOEK – JODETERT MET VERSKIL
- Melktert vulsel – Kook saam:
- 1 blik kondensmelk
- 2 blikke melk (kondensmelk blik)
- 50 ml botter
- Meng goed en voeg by:
- 2 eiers, geskei
- 60 ml bakpoeier
- ½ blik melk
- Ekstra:
- 10 ml karamel geursel
Sodra dit kook, verwyder van warm plaat. Voeg die karamel geursel by. Meng goed en vou styfgeklopte eierwit by. Laat afkoel.
- Koek – Room saam:
- 20 ml botter
- ¼ koppie suiker
- 2 eiers
- Voeg by:
- 1 ½ koppie gesifte bruismeel
- ‘n knippie sout
Meng met houtlepel tot ‘n rolbare deeg.
Maak 5 klein balle en rol uit in ‘n sirkel en bak teen 180 ºC vir 8 minute op ‘n uitgevoerde oond pan met waspapier. Ek gebruik “spring vorm” pan om te meet om dieselfde groote te kry en ook om my lae in te pak en om te bêre in yskas oornag.
Sit laag koek in “spring vorm” koekpan, bedek met vulsel (1½ soplepel) strooi kaneel oor en herhaal tot koek en vulsel klaar is.
My melktert vulsel was nog lou maar, maak nie saak nie, laat net heeltemal afkoel voor in die yskas sit.
Nota:
Spring vorm- koekpan wat kan los maak of bodem los is. Enjoy!😀
Resep en foto’s: Barbara Bullock