MELKTERT JAFFELS
Lus vir melktert as jy kamp? Hier is ‘n vinnige poeding wat jy sommer by die huis ook gaan maak.
- 150 ml melk
- 2 eiergele
- 20 g koekmeel (38 ml)
- 60 g suiker (63 ml)
- 5 ml vanilla geursel
- 8 snye witbrood
- botter, vir smeer
- kaneelsuiker
Klits 4 eetlepels van die melk met die eiergele. Sit die meel en suiker daarby en klits tot glad.
Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit NET begin kook.
Roer vinnig die eiermengsel daarby en hou aan roer tot verdik.
Kook saam vir 1 minuut, roer aanhoudend. Die vla kan baie maklik aanbrand.
Voeg die vanielje-geursel by en roer goed saam.
Botter die brood en sorg dat die gebotterde snye na buite wys.
Skep van die melktertpap in die middel en bedek met nog ’n sny brood.
Rooster in ’n jafflepan tot bros en goudbruin.
Sprinkel kaneelsuiker oor en geniet dadelik.
2de foto: Nicolette Yssel
Foto: Mandy Goettsch













