Your Recipe Blog

MELKKOS VIR 2

MELKKOS VIR 2

  • 60 ml suiker
  • 60 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 550 ml melk
  • fyn kaneel of kaneelsuiker

Meng droë bestanddele. Hou eenkant.
Meng 50 ml van melk by droë bestanddele tot ‘n pasta vorm.
Giet res van melk in ‘n potjie en laat kook.
Roer aangemaakte pasta by die melk en verlaag die hitte.
Roer aanhoudend tot verdik en gaar.
Skep op en sprinkel kaneel bo-oor.
Bedien dadelik!

Plasing en foto: Petro Labuschagne

Nota: Peggy Landman
Voeg ‘n eetlepel vlapoeier by droë bestanddele.

Category:

8 Reviews

  1. Rensha

    Die resep is so maklik en vrek lekker! Ek het dit vanaand gemaak.

    Star
  2. Cherise Faure

    Lekker resep!
    Ek sit so 2 eetlepels botter om saam die melk te kook.

    Star
  3. Hannes

    Wow so maklik. Jammer ek het nie hierdie resep gesien voor die ingevryfde botter resep nie. Veral as mens al self moet opwas. Dankie. Volgende keer!

    Groete van Oos Londen Suid Afrika

    Hannes Cornelius

    Star
  4. Wollie Bronkhorst

    Ñ Stukkie lemoenskil wat saam kook gee ñ heerlike smaak…..Wollie

    Star
  5. Almari

    Heerlik en so maklik. Sal beslis weer maak.

    Star
  6. Georgina

    Can one thicken a little more and use it for a melktert filling ???

    Star
    • Hi Georgina, think you can try, but there sooooo much lovely milktart filling recipe, I would rather go for the real makoy :).

  7. Lezel

    Die lekkerste en maklikste melkos resep. Baie dankie.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page