MELKKOS MET SAGO (GLUTEN VRY)
- 200 ml sago
- 300 ml kookwater
- 1 liter volroom melk
- kaneelstokkies
- 50 ml suiker
- knippie sout
- 7.5 ml vanilla
- 40 ml botter
Week die sago in die kookwater vir solank as wat die melk neem om te kook.
Roer dit terwyl jy die sago ingooi en maak seker dit vorm nie klonte nie.
Plaas die melk op die stoof en sit die kaneelstokkies in die melk, op ‘n stadige plaat.
Sodra die melk begin kook, skep die geweekte sago in die melk en roer goed deur.
Roer baie gereeld, want dit brand baie vining vas, hou die plaat laag en kook die sagomengsel tot blink ogie stadium.
Haal die sago van die stoof af en roer die res van die bestanddele by.
As jy van meer botter hou kan jy nog insit. Sit warm voor met kaneelsuiker.
Wenk:
Gebruik laevet- of vetvrye melk indien verkies, dit werk net so goed.
Ek sit 1 hoogvol teelepel vlapoeier wat met bietjie water aangemaak is by, wanneer die sago gaar is en kook dit net nog so 5 min voor ek afsit en die res bysit… dit maak dit regtig baie lekker.
Nota:
Stukkie lemoen of nartjie skil in die melk is ook baie lekker.
Ek het vanaand 125 ml sago gebruik en 750 ml en bietjie minder van die res en dit was net genoeg vir 2 lekker groot porsies..
Heerlike vir die winter koue… Geniet!
Resep en foto: Rina Kleinhans