Your Recipe Blog

MELKBROOD / BROODROLLETJIES

Recipe by
Cook: 30-40 minute | Servings: 20 medium grootte rolletjies

MELKBROOD / BROODROLLETJIES

Resep en foto: Alta Gunter van Dyk

  • 1 eetlepel suiker
  • 2 teelepels sout
  • 1 koppie louwarm water
  • okkerneut grootte nat suurdeeg (vra by die bakkery)
  • 8 hoogvol koppies koekmeel
  • 3 geklitste eiers
  • 750 ml (ongeveer) sterk warm melk
  • 300 g gesmelte botter
  • Meng die suiker en sout saam in ‘n mengbak en voeg ‘n koppie louwarm water by. Voeg nou die suurdeeg by en klits goed.
  • Voeg so ‘n paar eetlepels meel by die nat bestanddele en klits goed. Dit moet soos pannekoek deeg lyk. Sit eenkant neer en laat goed rys.
  • Voeg die suurdeeg, eiers, melk en botter by die koekmeel en knie goed.
  • Smeer ‘n bak liggies met olie en plaas die deeg in die bak. Maak toe met ‘n plastiek en ‘n doek.
  • Laat die deeg weer rys. Nou kan die deeg vir brood of broodrolletjies gebruik word.
  • Plaas die broodrolletjies op ‘n gesmeerde bakplaat (of die deeg in ‘n broodpan), smeer met bietjie gesmelte botter en laat weer rys tot verdubbel.
  • Bak vir ongeveer 40 minute teen 180ºC.

 

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page