Your Recipe Blog

MELK STOUT BIERKOEK MET KARAMEL EN LEMOEN

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 min | Servings: 4 lae x 20cm

MELK STOUT BIERKOEK MET KARAMEL EN LEMOEN

Die koek is regtig baie lekker, die kombinasie van die Stout bier se bitter, die karamel se baie soet en die lemoen komplimenteer mekaar baie goed. Dit klink en lyk na baie werk, maar glo my dit is die moeite werd, en na twee dae is die koek nog lekkerder.

  • MELK STOUT KOEK:
  • 500 ml koekmeel
  • 450 ml bruinsuiker
  • 250 ml Milk Stout / Guinness bier
  • 220 ml kakao
  • 205 ml room
  • 15 ml witasyn
  • 100 g botter
  • 10 ml koeksoda
  • 5 ml vanilla geursel
  • 5 ml sout
  • 2 x groot eiers

Voorverhit die oond tot 170 °C.
Berei 2 x 20 cm los boompanne voor met bakpapier. Spuit goed. Meng bier en botter in ‘n medium pot. Hou die bak oor matige hitte op die stoof totdat die botter gesmelt is.
Voeg die suiker en kakao by en meng goed. Meng die room, asyn, vanilla en eiers in ‘n ander bak. Haal die pot van die hitte af.
Voeg die roommengsel by die biermengsel in die pot en meng goed. Sif die koeksoda, sout en meel saam en voeg by die mengsel. Klits goed.
Giet die mengsel in die voorbereide koekpanne. Bak vir 40 minute. Toets voordat jy dit uit die oond haal.
Laat rus vir 10 minute, maak die ring oop en haal die koek van die plaatjie af. Sit op afkoel rakkie. Laat dit heeltemal afkoel. Sny elke laag horisontaal om 4 dunner lae te kry.
Terwyl die koek bak en afkoel, berei die versiersels voor, en laat dit heeltemal afkoel. Mens kan dit ook die dag voor die tyd berei en in die yskas hou. Ek verkies dit kamertemperatuur wanneer ek die koeke versier, dit smeer net makliker.

  • SJOKOLADE KARAMELVERSIERSEL OP DIE STOOF
  • 1 koppie ongesoute botter
  • 2 koppies ligte bruinsuiker
  • ¼ koppie kakao
  • ½ koppie room
  • 4 koppies versiersuiker, gesif
  • 1 teelepel vanilla ekstrak

Smelt botter in ‘n kastrol oor matige hitte en roer die bruinsuiker by. Kook vir 2 minute tot glad.
Maak baie seker op hierdie stadium dat die suiker heeltemal opgelos is, ander voeg klein bietjie water by en kook tot dit ‘n gladde mengsel is. Voeg die kakao by en meng deur.
Voeg die room by en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en laat afkoel vir 10 minute.
Klits versiersuiker baie geleidelik by terwyl jy die heeltyd klits. Voeg die vanilla by en klits tot glad en smeerbaar.

Nota:
Hang af van hoe dik jy dit op die koek lae smeer, gaan daar oorbly. Berei net die helfte van die resep voor, of verdun dit wat oorbly bietjie deur dit weer stadig warm te maak en ekstra room by te sit, gebruik as ‘n karamelsous oor nagereg of waffels.

  • LEMOENVERSIERSEL OP DIE STOOF
  • ¾ koppie lemoensap
  • ¼ koppie melk
  • 90 ml koekmeel
  • 80 ml suiker
  • 250 g bak margarien of botter
  • 5 ml lemoen geursel
  • zest van 1 lemoen

Meng die sap, melk en koekmeel in ‘n bekertjie en gooi deur ‘n siffie in ‘n kastrol.
Voeg suiker by en verhit oor lae hitte tot kookpunt, jy moet die hele tyd roer.
Kook vir so minuut tot dik en gaar, maak seker daar is geen klontjies in nie.
Skep in bakkie en sit neer om heeltemal af te koel. (vir my werk kamertemperatuur die beste)
Klop margarien met klitser tot sag en romerig en voeg nou die afgekoelde mengsel in twee dele by, terwyl jy die hele tyd klits.
Dit sal slap lyk maar hou maar net aan met klits.
Dit sal die tekstuur van geklopte room kry, dan weet jy dit is amper reg.
Klits die geursel en lemoen zest by.
Plaas ‘n rukkie in die yskas en versier die koek soos verkies.
Om die koek te versier:
Plaas die eerste laag koek op die koekbord. Smeer ‘n dun lagie (of soos verkies) van die karamel oor die koek en dan ‘n laag van die lemoenversiersel. Herhaal die lae tot al die lae gebruik is, smeer heelbo bietjie meer van die lemoenversiersel en rasper eksta lemoenskil oor.
Bedien die koek teen kamertemperatuur vir ‘n heerlike klam smaak sensasie.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page