MEKSIKAANSE NACHOS SOP
- olie vir braai
- 1 gekapte ui
- 2 – 3 rissies, gekap
- 2 gekapte knoffelhuisies
- 1 teelepel elk fyn komyn en koljander
- 1 pakkie tamatiepasta
- 250 g beesmaalvleis
- 2 blokkies beesekstrak opgelos in 750 ml kookwater
- 1 blik gekapte tamatie
- 1 blik “black beans”
- 1 pakkie “chilli beef en green pepper” soppoeier opgelos in 2 koppies koue water
- sout/Aromat en peper na smaak
- BYKOS:
- olie vir vlakbraai
- 2 Tortilla wraps, elk in 8 wiggies gesny en in olie gebraai vir 30 sekondes alkant met
- braaivleis speserye na smaak gestrooi
- 1 koppie gerasperde cheddar
- ½ houertjie room, slap geklop
- avokado fyn gemaak
- vars koljanderblare, as jy het
Braai ui, rissie, knoffel, komyn en koljander in olie.
Voeg die maalvleis en tamatiepasta by en braai tot verbruin.
Voeg die ekstrak, blik tamaties by en prut so 15 min.
Voeg blikkie bone by en roer deur.
Voeg die opgeloste soppoeier by, en bring tot kookpunt, roer tot verdik.
Pas geur aan na smaak.
Bedien met kaas, room, avokado en garneer met vars koljanderblare.
Njamm!
Resep en foto: Stef Conradie