MEKSIKAANSE HOENDERFILETTE
- 4 hoenderfilette, deur die platkant gehalveer
- 1 blikkie Boerie-relish of Mesikaanse tamatie
- 2 handevol gerasperde kaas
- Marinade:
- ¼ koppie olie
- fyngerasperde skil van 1 lemoen en 1 suurlemoen elk
- sap van die lemoen en suurlemoen
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 1 tot 2 rissies, fyngekap
- 1 teelepel suiker
- 1 opgehoopte teelepel Taco speserye of meng jou eie (¼ teelepel elk rooipeper, komyn, peper, paprika en oregano of gemengde speserye)
Meng alle bestandele vir die marinade en marineer halwe filette vir 20 minute.
Stel oond op 180°C.
Braai gemarineerde filette tot net bruin in pan.
Plaas in oondbak.
Giet oorblywende marinade oor.
Skep die tamaties oor die hoender en plaas ‘n hopie kaas op elke fillet.
Bak in oond tot kaas gesmelt het en hoender net gaar is.
Sit voor met gebraaide rys, pasta of mielieskyfies (corn bites), guacamole en room.
NJAMM!
Resep en foto: Stef Conradie













