Your Recipe Blog

MEKSIKAANSE BEESSKENKELGEREG

Recipe by
Cook: 3 uur en 30 minute | Servings: 4 - 6

MEKSIKAANSE BEESSKENKELGEREG

  • 750 g beesskenkels, opgesny
  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 1 rissie, gekap
  • 6 wonderpeperkorrels
  • 3 naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
  • 7½ ml fyn komyn
  • 7½ ml fyn koljander
  • 2½ ml rooipeper
  • 2½ ml gerookte paprika
  • 1 blik tamatie-, uie- en rissiemengsel
  • 1 blik rooi nierboontjies
  • 30 rosa tamaties (klein tamaties)
  • 100 ml port
  • 200 ml pasta penne, aldente (gekook vir 8 minute, gedreineer en geplaas in yswater tot gebruik)

Pak die opgesnyde uie in ‘n oond-veilige pot met deksel saam met die wonderpeper, naeltjies en lourierblaar. Pak die skenkelstukke bo-op en geur met sout, peper, komyn, koljander en rooipeper.
Strooi die rissie en knoffel oor en versprei die tamatiemengsel bo-oor saam met die port.
Plaas die deksel op en bak in die oond, vooraf verhit tot 180 °C, vir een uur.
Voeg die rosa tamaties by, roer deur en verlaag die hitte na 160 °C, bedek en bak vir ‘n verdere twee uur.
Voeg die boontjies en pasta by, bedek en bak vir nog 30 minute.
Bedien op koring of rys.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page