Your Recipe Blog

MEISIE SE HERDERSPASTEI

Recipe by
Cook: 30 minute

MEISIE SE HERDERSPASTEI

Maak solank jou kapokaartappels voor die tyd.

  • 6 aartappels in blokkies gesny tot sag en gooi water af
  • margarien
  • sout
  • melk

Maak die aartappels fyn en voeg die res by na smaak, druk fyn en roer goed deur.
Kapokaartappels moenie te pap wees nie. Hou die kapokaartappels eenkant.

  • 2 medium opgekapte ui, fyngekap
  • 1 groen soetrissie, fyngekap
  • 1 wortel, fyngekap
  • 1 aartappel, in klein blokkies gesny
  • 500 g maalvleis
  • 1 eetlepel braaivleis speserye
  • 2 eetlepels seesout
  • ½ koppie blatjang
  • geklitste eier vir bo-op smeer
  • gerasperde kaas, opsioneel

Braai uie en soetrissie tot sag . Voeg maalvleis by uiemengsel saam met die res van bestanddele en 1 koppie water.
Kook oor matig hitte tot wortels en aartappels sag is.
Pak vleismengsel in bak,  skep kapokaartappels bo op, krap mooi met vurk en verf met eier.

Nota:
Ek het kaas oorgestrooi, soos op die foto.
Bak vir 30 minute by 180ºC vooraf verhitte oond tot kapokaartappels ligbruin is.

Resep en foto: Meisie van der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page