Your Recipe Blog

MEISIE SE BRAAIPIE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 6 porsies

MEISIE SE BRAAIPIE

  • 2 rolle skilferkors deeg (Puff pastry)
  • blatjang
  • 500 g cheddar en mozzarella gemeng
  • 3 tamaties, in skywe gesny
  • ½ ui, in ringe gesny
  • 250 g spek, in blokkies gesny en gebraai
  • geklitste eier

Gebruik ‘n toe-knyp rooster wat met Spray and Cook gespuit is.
Rol een rol deeg af en plaas direk op die rooster.
Smeer blatjang op die deeg.
Sprinkel die helfte van die gerasperde kaas oor die blatjang.
Pak tamaties op die blatjang, geur met aromat en peper na smaak.
Pak nou die uie op en strooi spek oor.
Sprinkel die res van die kaas oor.
Verf die deegrant regom met eier.
Sit die ander rol deeg bo oor en seël die 2 deegkante deur dit mooi om te knyp en opmekaar vas te druk.
Braai oor matige kole tot deeg gaar is.

Resep en foto: Meise van der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page