MEESTERLIKE HERTZOGGIES
Resep en foto geplaas deur Rina Kleinhans
2de foto: Esmerie Schoeman
Hier maak selfgemaakte konfyt regtig ‘n verskil, en ek kan dit beaam.
- Kors:
- 450 ml koekmeel
- 37 ml strooisuiker
- 10 ml bakpoeier
- 1 ml sout
- 125 g botter of margarien by kamertemperatuur
- 3 ekstra groot eiergele
- 15 ml koue water
- Vulsel
- 60 – 75 ml fyn appelkooskonfyt of soveel nodig
- Bolaag
- 3 ekstra groot eierwitte
- 300 ml witsuiker
- 500 ml klapper
- Berei die holtes van 2 kolwyntjie panne voor.
- Klits die droë bestanddele vinnig in ‘n voedselverwerker en voeg die botter by.
- Klits tot krummelrig. Klits die eiergele en die water saam en voeg by.
- Klits tot klam krummels vorm wat begin bind en ‘n bol wil maak.
- Voeg ‘n paar druppels yswater by indien dit te styf is.
- Druk die deeg bymekaar in ‘n bol, maak toe in kleefplastiek en bere in die yskas vir tenminste 1 uur.
- Om te bak:
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Rol die deeg lekker dun uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk groot genoeg sirkels uit om die pannetjie se holte vol te maak (ongeveer 8 cm)
- Plaas die deegsirkels in die pannetjieholtes. Skep ‘n teelepel vol konfyt in die doppie en sit die panne in die yskas terwyl jy die bolaag meng.
- Nota: Hoe kouer hoe beter, dan kook die konfyt nie uit nie.
- Bolaag:
- Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die suiker lepel vir lepel by terwyl jy die heeltyd klits.
- Haal uit die menger, vou die klapper met ‘n lepel in die eierwitte in en skep mengsel bo-op die doppies, lekker hoog vol.
- Maak seker die bolaag bedek die konfyt anders kook die konfyt uit.
- Bak 15 min tot die bolaag lekker goudbruin is.
- Laat op ‘n draadrak afkoel tot kamertemperatuur en bêre in ‘n lugdigte houer.
- Nota: Die geheim hier is om jou deeg die hele tyd koud te hou, dan is die tertjies perfek.