Your Recipe Blog

MEESTERLIKE BAKLAVA

MEESTERLIKE BAKLAVA

  • 1 pak fillo deeg met 12 velle wat ons halveer het (24 stukke enkel velle) wat ontdooi is soos voorgeskryf
  • genoeg gesmelte botter

Trim die velle om jou bak of bakplaat te pas. Hou velle wat nie in gebruik is nie met ‘n klam handdoekpapier toe om uitdroging te voorkom. Smeer sye en bodem van bakpan met botter.

Begin met sous wat moet afkoel terwyl baklava voorberei word.

  • Stroop:
  • Meng bymekaar in ‘n medium souspan:
  • 1 koppie suiker
  • ½ koppie heuning
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • ¾ koppie water

Bring mengsel tot kookpunt op medium hitte terwyl geroer word en tot suiker opgelos is.
Verminder hitte tot laag en kook vir ‘n verder 4 minute sonder om te roer.
Verwyder van hitte en laat staan om af te koel.

Voorverhit oond tot 160°C.

  • Kap die volgende fyn:
  • 4 pakkies van 100 g elk okkerneute (walnuts)
  • Meng dit met:
  • 1 teelepel kaneel

Deel die fyngekapte neute in 4 bakkies.
Smeer elke filo lagie met gesmelte botter.
Pak 6 gebotterde lagies filo deeg op bodem van bak.
Strooi 1 bakkie neute oor die velle deeg en herhaal nog drie keer.
Pak die laaste laag en weer 6 velle heel bo-op.
Bak vir omtrent 40 min tot effens bruin by 180 ºC.
Gooi stroop oor en laat heeltemal afkoel.
Sny in blokke en geniet saam met roomys.

Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page