Your Recipe Blog

MEDITERREENSE HOENDERBORSIES

Cook: 25 - 30 minutes

MEDITERREENSE HOENDERBORSIES

Vanaand se aandete was amper soos ‘n Masterchef kompetisie… kyk wat is in die yskas en kook daarmee! Maar dit was so lekker dat ek gedink het om dit te deel… wat ek sommer noem Mediterreense hoender. Ons het dit geëet saam met gebraaide kool en spinasie en dit was heerlik.

  • 10 ml olyfolie
  • 4 hoenderborsies
  • sout en peper na smaak
  • 2 teelepels gemengde kruie
  • ½ blokkie hoenderekstrak
  • 150 ml water
  • 3 songedroogde tamaties, gekap
  • ½ rooi pepper, gekap
  • 2 eetlepels gekapte pietersielie
  • 2 eetlepels roomkaas
  • 100 ml room
  • 1 wiel Fetakaas

Braai die hoender in die olie tot bruin alkante. Voeg die res van die bestanddele by en braai-prut oop vir 10 tot 15 minute.
Krummel die Fetakaas bo-oor, bedek en bak teen 180 ºC vir 15 minute, verwyder deksel en bak verder oop vir 10 minute.
Bedien soos verkies.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page