Your Recipe Blog

MEDITEREENSE HOENDER

MEDITEREENSE HOENDER

Resep eendag gelees en kon dit nie weer kry nie en het toe maar bygegooi soos ek kon onthou. Was baie lekker en sal dit beslis weer maak.

  • 6 – 8 stukkies hoender (dye, boudjies)
  • 1 ui, gekerf
  • bietjie olie
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 1 groot aartappel, in blokkies gesny
  • 1 bakkie rosa tamaties,
  • 1 houertjie swart ontpitte olywe
  • 2 wiele fetakaas

Braai ui in olie tot ligbruin en daarna braai die hoender ook mooi bruin. Sit roosmaryn takkies nou by.
Ek het dit in my braaipan gaargemaak.
Voeg ‘n klein bietjie water by (ek is nie lief vir die hoenderblokkies nie, smaak is soms oorweldigend.
Kook / stoom vir ‘n ruk op baie lae hitte tot amper gaar.
Voeg die aartappelblokkies by en stoom/kook op lae hitte.
Voeg water bietjies-bietjies by soos nodig tot alles sag is. Sorg dat daar so bietjie “sous” in pan is.
Voeg die vars rosa tamaties, swart ontpitte olywe en fetakaas in blokkies gesny by.
Voeg sout en gemaalde swartpeper na smaak by.
Sit deksel op en laat kook stadig vir so 15 – 20 minute. Bedien met rys.
Lekker geurige winterkos.

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page