Your Recipe Blog

MAYONNAISESOUS VIR HOENDERVLERKIES

MAYONNAISESOUS VIR HOENDERVLERKIES

Die meeste van julle doen dit seker ook of hoe?
As jou mayonnaise bottel leeg raak, bly daar gewoonlik ‘n klompie agter wat jy nie lekker uitgekrap kry nie. Voeg melk in die mayonnaise fles saam met die speserye van jou keuse. Vroulief het in dié geval ‘n bietjie van die onderstaande kruie en smaakmiddels bygevoeg:

  • 3 eetlepels melk
  • sout en peper
  • rissiepeppersous
  • Italiaanse kruie
  • knoffelvlokkies
  • 1 eetlepel suiker

Voeg bogenoemde bestanddele by die laaste bietjie mayonnaise in die bottel en skud dit goed tot gemeng. En siedaar ‘n lekker sous saam met die gebraaide hoendervlerkies.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page