MAYONNAISE MET KNOFFEL EN ROOSMARYN
Resep: Homesteading Family
Resep voorgelê: Angie Werwicht Oberholzer
Hierdie mayonnaise resep hou langer in die yskas. Twee weke om presies te wees. Ek maak dit met ‘n ‘immersion blender’.
- 1 eier
- 2 eetlepels whey/brine
- 2 teelepels vars suurlemoen sap
- ½ teelepel sout
- 1 ¼ koppie avokado olie
- 1 teelepel Dijon mosterd
- Ekstra:
- 1 teelepel fyn knoffel
- 1 teelepel vars gekapte roosmaryn
- Ek het knoffel en roosmaryn gebruik om smaak te gee, en dit was baie lekker.
- Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en meng saam tot mooi glad.
- Plaas in ‘n glas houer en bewaar in die yskas.












