Your Recipe Blog

MAYONNAISE BOTTERBROODJIES

Recipe by
Cook: 10 -12 minutes | Servings: 12 portions

MAYONNAISE BOTTERBROODJIES

Ek het 16 uitgekry soos op foto. Het nie geweet hoe hul gaan rys nie. Ek sal volgende keer dit opdeel in 12.

  • 2 koppies bruismeel
  • 4 eetlepels mayonnaise
  • 1 koppie melk
  • 1 teelepel suiker
  • ½ koppie gerasperde kaas

Meng droë bestanddele saam en voeg die kaas by.
Klits melk en mayonnaise goed saam, voeg by die droë bestanddele en meng deur.
Skep in gesmeerde muffin pan.
Bak teen 200°C vir 10 – 12 minute.

Opsioneel:
Sprinkel paprika, kaas, gesnipperde rooi rissie bo-oor.

Resep gedeel deur Heleen van Wyk
Foto: Annelie Kruger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page