MARYKA SE KOOLGEREG
Die persoon wat vir my die gedeel het. Moet net noem, dit was baie lekker gewees. Gaan volgende keer regte sampioene ook bysit.
- 1 koolkop
- 2 koppies melk
- 2 eetlepels Maizena
- 2 eetlepels “cream of mushroom” of 1 pakkie “3 cheeses” pastasous
- peper na smaak
- gerasperde kaas, na smaak
Sny die koolkop op, kook tot gaar in water met bietjie sout en sodra dit heeltemal gaar is, dreineer. Voeg die melk, Maizena en “cream of mushroom” of 1 pakkie “3 cheeses” pastasous by. Kook tot die sous verdik.
Geur met bietjie vars gemaalde swartpeper en meng gerasperde kaas by.
Resep: Maryka Louw
Foto: Louisa Kruger