Your Recipe Blog

MARTIE SE LASAGNE

MARTIE SE LASAGNE

  • 500 g maer maalvleis
  • 2 stingels seldery, fyngekap
  • 2 middelslag wortels, gerasper
  • 200 g botter (nie margarien nie)
  • 250 ml droë wit wyn
  • 30 ml tamatiepasta
  • 500 ml goeie vleisaftreksel
  • 2 lourierblare
  • tiemie en vars oreganum na smaak
  • indien verkies sout en peper
  • 250 g vars sampioene, gekap
  • 3 knoffelhuisies, fyn
  • 200 g gekapte hammengsel
  • gerasperde Cheddar en Mosserella kaas, soveel soos jy lus het
  • Parmasaan kaas om bo-oor te strooi
  • ongeveer 500 ml witsous, klaar gemaak
  • lasagne pasta velle

WITSOUS VIR LASAGNE
Hierdie resep maak 1 liter Witsous. Halveer vir 500 ml vir my Lasagne dis of gebruik soveel as jy wil.

  • 120 g botter
  • 150 ml koekmeel
  • 1 liter melk
  • sout en peper

Smelt die botter in kastrol oor matige hitte.
Voeg die meel by en roer 1 minuut.
Voeg die melk geleidelik by terwyl gedurig geroer word. Laat 2 minute liggies kook.
Voeg sout en peper by na smaak.
Dit is ‘n medium dikte witsous.

Nota:
250 ml gerasperde Cheddar kaas kan ook bygevoeg word vir ‘n kaassous as jy wil.

Lasagne:
Soteer die uie, knoffel, wortel, seldery en sampioene in die botter, voeg maalvleis en ham by en roerbraai tot vleis verkleur.
Voeg die wyn by en roerbraai nog ‘n bietjie.
Voeg die aftreksel, tamatiepasta, sout en peper en lourierblare by.
Sit deksel op en prut vir so 30 min. Roer nou en dan.
Neem ‘n gespuite oondbak en pak lae met lasagne velle, vleis, kaas en witsous.
Eindig met witsous, bak tot “bubbly” en strooi Parmasan oor.

Nota:
Ek het ‘n pasta masjien en maak my eie lasagne velle.

Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
Foto:  Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page