MALVALEKKER GUAVADILLATERT
- 1 pak mini malvalekkers (standaard grootte pak)
- 1 blik kondensmelk
- 1 blik guavadillamoes, gebruik kondensmelk blik
- 1 botteltjie Orley whip, styf geklits
Klits kondensmelk in ‘n bak en vou styfgeklitste orley whip hierby in.
Maak die rou guacadillas fyn tot ‘n moes.
Voeg rou guavadillamoes (kondensmelkblikkie vol) by kondensmelkmengsel en meng goed.
Voeg die pak mini malvalekkers by bogenoemde mengsel.
Rol Marie/Tennisbeskuitjies fyn en plaas op bodem van ‘n plat bak.
Versprei die malvalekkermengsel eweredig bo-op die koekieskrummels in die bak, maar hou bietjie van die krummels eenkant
Strooi die ekstra krummels bo-oor. Laat koud word tot gestol.
Resep en foto’s: Marie Teghman van Deventer