Your Recipe Blog

MARQUERITE SE VOLSONDE TRINCHADO

MARQUERITE SE VOLSONDE TRINCHADO

My Trinhado wat Amore Bekker op RSG gehad het, met geen knie brood. Ek het net eers knoppie sampioene gebraai en dit by die res gevoeg. Ook net die helfte aangemaak, ons is net drie. Sal dit definitief weer maak dit was heerlik en baie vullend!

  • 1,2 kg beeshaas (fillet), in repies gesny
  • vars knoffel
  • koekmeel
  • sout en peper na smaak
  • knippie kerrie
  • olie
  • Sous:
  • 50 ml sojasous
  • 50 ml Worcestersous
  • 50 ml Balsamiese asyn
  • 1 koppie suurrroom
  • 2 koppies room
  • vars brandrissies, na smaak

Meng die meel, sout, peper en kerrie. Rol die repies vleis daarin.
Verhit olie in pan. Braai bietjies-bietjies vleis met knoffel op ‘n slag in die pan.
As al die vleis klaar gebraai is, plaas alles weer terug in die pan of kastrol en voeg die sous by.
Laat dit stadig prut, die meel behoort die sous ‘n bietjie dikker te maak.
Sorg dat daar ‘n langsous is, want jy bedien die dis in sopbakkies met Portugese broodrolletjies.

Foto: Martie Fourie Moolman

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page