MAROKKAANSE BEESVLEISBREDIE
- 750 g ontbeende stowe beesvleis, 3 x 3 cm blokkies
- sout en peper, na smaak
- 10 ml Worcestersous
- olyfolie, vir braai
- 4 klein aartappels, gehalveer
- 2 Roma tamaties, gesny
- 6 klein uitjies, geskil
- 4 wortels, in ringe gesny
- 2 knoffelhuisies,dun gesny
- 6 Pimento’s
- 2 lourierblare
- 30 ml Marokkaanse speserye (15 speserye)
- 240 ml hoenderaftreksel
- 200 ml beesvleisaftreksel
- 30 ml tamatiepasta
- 150 g botterskorsie blokkies
- 2 patats, in skywe gesny
- 200 g ertjies
Voorverhit die oond tot 160ºC.
Geur die beesvleis met sout en peper, voeg die Worcestersous by en meng deur.
Op ‘n stoofplaat, verhit olyfolie in ‘n groot kasserolpot geskik vir die oond, verbruin die beesvleis tot goudbruin aan alle kante, Verwyder die vleis uit die pot en hou eenkant.
Soteer die uie, wortels, knoffel, pimentos en lourierblare vir ongeveer 10 minute.
Voeg die speserye by en braai vir ‘n minuut totdat die pan droog is.
Voeg die aftreksel met die tamatiepasta by die speserymengsel en roer deur.
Plaas die beesvleis, aartappels en tamaties in die pot, en roer die spesery- en aftrekselmengsel deur met die vleis.
Bedek die pot met ‘n deksel of foelie en plaas die pot in die oond en laat dit 2 – 3 uur prut.
Na 1½ uur, voeg die botterskorsie en patats by die vleis en voeg die ertjies 30 minute na die botterskorsie en patats by.
Laat die bredie prut tot die vleis sag en sappig en die groente gaar is.
Verwyder die deksel vir die laaste 30 minute kooktyd, verstel die oond na 180ºC en laat die bredie oop bak totdat die sous verdik.
Verwyder die bredie uit die oond en laat dit vir ‘n paar minute rus voor opdiening.
Resep en foto: Johan Rossouw