MARMITE KOLWYNTJIES
- 3 koppies koekmeel
- 6 teelepels bakpoeier
- ½ teelepel sout
- ½ teelepel rooi peper
- ± 2 ½ koppies melk
- 4 hoogvol koppies kaas, grof gerasper
Meng droë bestanddele saam, voeg kaas by en meng met melk, net tot meel gemeng is.
Skep in gesmeerde muffin panne.
Bak vir 20 min of tot gaar in 180ºC oond.
- Smelt saam:
- 4 teelepels Marmite
- 250 g magarien
As muffins uit die oond kom, skep sous oor, gee ruskans vir 5 min en haal uit op skinkbord.
As daar sous oor is, skep oor muffins. My man dink dit is hemels.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk