Your Recipe Blog

MARLI SE KNOFFEL EN KRUIE BOTTERBROODJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 30 minute

MARLI SE KNOFFEL EN KRUIE BOTTERBROODJIES

  • 125 g botter/margarien
  • 550 ml bruismeel
  • 15 ml suiker
  • 7 ml sout
  • 250 ml melk
  • ½ teelepel knoffel
  • ½ teelepel Italian Herbs (spice)
  • ½ teelepel pietersielie (spice)

Nota:
Al die speserye en knoffel kan volgens smaak gebruik word.
Ek het ook sommer die pan met bietjie spray ‘n cook gespuit, net om seker te maak niks sit vas nie.

Voorverhit die oond op 180°C.
Smelt die botter en knoffel saam en hou eenkant.
Sif al die droë bestanddele saam in mengbak.
Giet die melk by en roer saam tot dit ‘n stywe deeg wil vorm.
Knie alles liggies saam.
Maak klein bolletjies, rol dit in die botter-knoffel mengsel, pak dit teen mekaar in die pannetjie.
Giet wat oor is van die botter-knoffel mengsel oor die bolletjies.
Bak vir 20 – 30 min of net tot mooi bruin.

Resep en foto: Marli Potgieter
Tweede foto: Gideon Louw – Ek het die resep gebruik en dit net in my klein pannetjies gebak in my varkieoond.
Derde foto: Gideon Louw – op die vuur in ‘n swart pot.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page