MARLENE SE KOUE SJOKOLADE POEDING
Het gisteraand weer my pa se koue sjokolade poeding gemaak vir vandag. (Resep kom van my ouma af – Porterville)
(Ek het poeding 3 x aangemaak – mates in hakkies – my opskeplepel is ± 100 ml))
- 1 liter melk (3 liter)
- 3 opskeplepels Maizena (300 ml) (900 ml = 9 lepels Maizena)
- 2 opskeplepels kakao (200 ml) ( 600 ml = 6 lepels kakao)
- 1½ koppies suiker (4½ koppies suiker)
- 5 ml – doppie vanilla (2 doppies)
Kook ¾ van die melk. Meng al die bestanddele saam met die res van die melk.
Roer by die warm melk in en kook tot dik op medium hitte.
Roer maar gereeld om klonte te vermy.
Laat afkoel en bedien met room, vla, roomys of Idealmelk.
Nota:
Maak dit die vorige dag vir more.
As jy agterkom dat dit die 1 ste keer te dik is na jou sin, verminder net volgende keer die Maizena.
Foto en resep: Marlene Mouton Carstens
Arina En Andre Wagener:
My ma het dit ook altyd gemaak. Sy het die kakao uitgelos en dan kon die kleinkinders sê watter kleur hulle wil hê, dan het sy kleursel ingegooi. Dan het jy blou of groen of rooi poeding gekry.
Zonia Visser:
Ek gebruik dit vir versiersel oor ‘n pan koek, dis heerlik. As dit koud is, stol dit heeltemal, soos melktert, so as jy dit vir versiersel wil gebruik, gooi die skokolade warm oor die koek.