Your Recipe Blog

MARLENE SE HOENDER

MARLENE SE HOENDER

Die gereg is een van my oues uit die middel 80’s. Dit was gewild en almal het altyd gevra vir Marlene se hoender.

  • 12 stukke hoender
  • 2 teelepels BBQ speserye
  • 2 teelepels hoender speserye
  • 1 teelepel Aromat
  • 1 koppie koekmeel
  • ¼ koppie olie
  • 2 eetlepels botter
  • 3 groot uie, in ringe gesny
  • ½ koppie tamatiesous
  • 2 eetlepels Worcestersous
  • 2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
  • ½ teelepel varsgemaalde swart peper
  • 2 koppies hoender “stock”
  • ½ koppie sherry, (ek gebruik droë wit wyn)

Meng die speserye en vryf hoender in daarmee.
Rol in meel en braai in pan waarin olie en botter gesmelt en warm is.
Draai hoender om en braai bruin aan ander kant.
Haal hoender uit die pan en braai uie tot deursigtig en effe bruin in olie.
Gooi extra olie uit pan.
Sit hoender terug in pan en meng res van bestanddele en voeg by hoender.
Kook tot gaar.

Foto en resep: Alta Gunther van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page