Your Recipe Blog

MARLENE SE CREME BRULEE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute

MARLENE SE CREME BRULEE

  • 650 ml vars room
  • 4 eiers, geskei
  • 2 eetlepels strooisuiker
  • 1 teelepel rooswater of vanilla geursel

Plaas die room in ‘n pot en laat warm word op die stoof.
Meng die eiergele en strooisuiker saam en voeg die warm room by en klits.
Voeg rooswater of vanilla geursel by.
Giet in bakkies en plaas in ‘n oondvaste bak met water sodat die bakkie halfpad in die water staan.
Bak vir 45 min op 180°C.
Laat effens afkoel en plaas in die yskas tot jy dit gaan opdien.
Strooi versiersuiker oor en brand met jou flammetjie of sit in oond onder die rooster om te verbruin.
Geniet dit.

Resep en foto:  Marlene Minderon

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page