MARKDAG PLAATKOEK
Hierdie koek bak perfek in ‘n bierboks of oondpan – Lees nota onderaan.
- 3 ½ koppies koekmeel
- 25 ml bakpoeier
- 5 ml koeksoda
- 80 ml kakao, gesif
- 450 ml suiker
- 3 ml sout
- 500 ml warm water, nie kookwater nie
- 250 ml kookolie
- 60 ml asyn
- 10 ml vanilla geursel
Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ‘n standaard-oondpan liggies met olie.
Pols die droë bestanddele saam in ‘n voedselverwerker tot gemeng.
Voeg die water, olie, asyn en vanieljegeursel by en pols tot ‘n gladde beslag.
Giet in die oondbak, smeer gelyk en bak vir 20 minute, of tot ‘n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
Laat in die pan afkoel en versier met botterversiersel, gekookte kondensmelk of ganache.
VARIASIE
Vir ‘n vanilla koek variasie vervang die kakao net met maizena.
- BRUISMEEL VARIASIE
- 3.5 kp bruismeel
- 3 teelepels bakpoeier
- 100 ml kakao
Meng die warm water en olie saam en meng dit so bietjie bietjie by die beslag tot die tekstuur vir my reg is, nie te slap nie maar ook nie styf nie. Dit werk vir my regtig baie goed en die koek rys pragtig en is regtig lekker klam.
Aanpassing – Rina Kleinhans
Alberta van Wyk
So trots op myself! Eerste keer dat ek met die Russian Tips versier en dit was ‘n heerlike speel speel koekversier!
Markdag plaatkoek gebak. Gewone botter versiersel aangemaak en koek toegesmeer en daarna die versiersel nog stywer gemaak met nog versiersuiker en toe laat waai met die blommetuin.
Nog ‘n versiersel wat heerlik werk met hierdie koek wanneer hy in lae gebak word:
- FRIKKIE SE ROOMKAAS VERSIERSEL
- 125 g roomkaas teen kamertempertuur (baie belangrik)
- 125 g botter teen kamertempertuur (baie belangrik)
- knippie sout
- 250 g versiersuiker
- 1 teelepel vanilla
- 1 teelepel suurlemoensap
- Optioneel: 1 suurlemoen se skil, fyn gerasper
- Variasie: vir sjokolade versiersel, voeg 60 ml kakao by
Klits die botter tot donsig en glad.
Voeg die roomkaas by en klits weer tot glad.
Sif die versiersuiker, kakao (indien gebruik) en sout by en klits tot wolkerig.
Klits die suurlemoenskil en -sap by en gebruik soos verkies.
Genoeg versiersel vir 1 x dubbellaag groot koek.
Resep: Frikkie Jones
Resep geplaas en aangepas deur Louise Groenewald
Foto van plaatkoek: Alberta van Wyk
Hoof foto: Alberta van Wyk
Ek en die markdag koek resep is baie goeie vriende! Verlede naweek dit in 2 koekpanne gebak en vir my liewe skoonsus bederf met ‘n verjaardagkoek!
Foto van oondpan: Elaine Steyn
Ek’t resep gevolg en net kakao na 100 ml verander. Ek het gewone botterversierSel gemaak.
- 750 g versiersuiker
- 200 g margarien
- 125 ml kakao
- ongeveer 90 ml melk
- 10 ml vanilla geursel
Bevat die resep geen eiers nie?
Hi Hanlie, nee daar kon geen eiers in die resep nie en dit is ‘n fantastiese resep ek bak hom gereeld.
Geniet hom
Rina