MARJOLEIN SE KRAKERIGE “PORK BELLY”
Hier is my geheim vir ‘n heerlike krakerige “pork belly”
- pork belly
- Marinade – hoeveelhede na smaak:
- soyasous
- knoffel
- wit droë wyn
- lourierblaar
- bietjie bruinsuiker
Spoel die pork belly mooi af.
Maak die vel ordentlik droog.
Meng die marinade bestanddele en marineer net die onderste gedeelte in ‘n lekker marinade. Marinade van jou keuse maar ek het bogenoemde gebruik.
Plaas die marinade in ‘n groot bak waarin die “pork belly” pas, en plaas die vleis in die marinade, maak seker die boonste gedeelte (vel) raak nie aan die marinade nie.
Oor nag net so in die yskas. Moenie dit bedek met iets nie. Die vel moet droog word.
Die volgende dag:
Haal die vleis uit die marinade en sit op die rak in ‘n oondpan, bedek met omtrent ‘n koppie tafel sout bo-op. Versprei die sout sodat die hele vel bedek is.
Bak vir ongeveer 40 min teen 180 ºC.
Haal die vleis uit die oond. Die sout vorm ‘n laag wat mens maklik kan afhaal bo-op. Vee al die sout met kombuis papier af.
Sit die vleis terug in die oond, draai die oond op “grill” vir so 10 min.
Op die manier “crisp” die vel baie mooi.
Sny die vleis in mooi skywe en bedien saam met heerlike groente en stysel van jou keuse.
Resep en foto: Marjolein da Costa