MARISKA SE GLUTEN VRYE “PATTIES”
Hier is ‘n maklike resep vir selfgemaakte beesvleis patties vir almal wat op ‘n gluten vry dieët is.
- 1 kg maer beesvleis
- 1 ui, gerasper
- 1 patat, gerasper (gebruik net die helfte)
- sout en peper na smaak
- 2 eetlepels Worcestersous
- 2 ekstra groot eiers
- 1 groot sampioen
Meng alles saam en maak lekker groot patties. Braai in die pan in vlak olie tot gaar.
Bou dan jou burger soos jy daarvan hou.
Myne was oorskiet patat en uie van die patties gemeng met een eier en sout. Vlak gebraai in die plek van ‘n bun.
Gepak met avokado, tamatie, kaas, pattie, groot sampioen bo-op… heerlik!!!!
Resep en foto: Mariska Rossouw