MARINADE VIR VLEIS
- 125 ml olyfolie
- 80 ml sojasous
- 80 ml suurlemoensap
- 60 ml Worcestershire sous
- 45 ml droë basieliekruid
- 25 ml droë pietersielie
- 25 ml knoffelpoeier
- 15 ml bruinsuiker
- 5 ml peper
- 5 ml vars gemaalde knoffel
- 2.5 ml tabasco sous, opsioneel
Voeg alles saam in ‘n menger (ek het sommer my smoothie-maker gebruik) en blits vir so 30 sekondes saam. Plaas jou vleis in ‘n groot ziplock sakkie, giet die marinade bo-oor en verseël die sakkie.
Marineer vleis oornag in die yskas. Die marinade is genoeg vir so 2 – 3 kg vleis.
Nota:
Ek het gister ‘n Tri-tip so gemarineer en gebraai op lae hitte.
Saam met ‘n lekker slaatjie geniet. Vandag het ek van die oorskiet vleis opgesny, op roosterbrood gesit en met ‘n bietjie Prego sous bo-oor bedien.
Resep en foto: Debbie Edwards