MARINADE VIR VARKRIB OF HOENDER
Resep: Elbie Gouws
- ¼ koppie kookolie
- 1 bottel tamatiesous (750g)
- ½ bottel perske blatjang
- ¼ koppie gewone wit asyn
- 1 groot bottel mayonnaise (750 g)
- 1 bottel “mild” mosterdsous
- 3 uie, fyn gekerf of grof gerasper
- 4 eetlepels wit- of bruinsuiker opgelos in bietjie water.
- Voeg al die bestanddele bymekaar in ‘n kastol en verhit stadig op die stoof tot die suiker opgelos het.
- Verhoog die hitte tot die sous begin borrel en verwyder die kastrol van die hitte.
- Sny intussen die rib se velkant in blokkies.
- Plaas die rib met die beenkant na onder in ‘n glasbak.
- Giet die warm sous bo-oor die rib en plaas dit eenkant tot afgekoel.
- Plaas die bak met die rib en marinade in die yskas vir 6 – 12 ure.
- Braai die gemarineerde rib op die kole en bedruip gereeld met sous.
- Nota:
- Ek laat die rib gewoonlik marineer vir 12 ure.
- Jy kan die marinade resep halveer volgens behoefte.
- Hoenderstukke werk ook heerlik met die sous.
Category:

