MARINADE VIR OONDGEBAKTE VARKTJOPS
Lekker marinade gemaak vir vark wat ek in die oond gebak het. Dink die marinade sal selfs met hoender ook lekker wees. dit was heerlik. Op die foto lyk die vleis lig van kleur maar in werklikheid dit was donkerder en daardie soet-sout wat deur geslaan heerlik. Sal dit beslis weer maak
- ½ koppie bruinsuiker
- ¼ koppie tamatiesous
- 2 eetlepels sojasous
- 1 eetlepel Worcestershire sous
- 3 eetlepels knoffel, of na smaak
- 1 teelepel paprika
- 4 varktjops
Meng al die bestanddele saam en hou ‘n halwe koppie van die marinade eenkant.
Plaas die vleis in die res van die marinade en laat marineer vir ‘n rukkie.
Plaas die vleis in ‘n gespuite oondpan en giet die oorblywende marinade bo-oor.
Bak teen ongeveer 180˚C vir ongeveer 35 minute.
Resep en foto: Renate Visser