Your Recipe Blog

MARINA SE KERRIEPERSKESLAAI

MARINA SE KERRIEPERSKESLAAI

Hierdie is ‘n heerlike bykos. Ek eet dit sommer bo-op ‘n sny tuisgebakte brood ook, hierdie perskeslaai is nou vir jou heerlik!

  • 1 groot blik perskes (sny kleiner as dit in halwes is)
  • 6 uie in ringe

Gooi die sap van die perskes af, hou die vrugte eenkant en kook die uie gaar in die perskesap.
Meng dan die volgende saam en voeg dit by die uie en perskesap, kook deur tot gaar:

  • 2 teelepels borrie
  • 1 teelepel kerriepoeier (na gelang van smaak)
  • ½ koppie druiwe asyn
  • 3 – 4 eetlepels suiker (na gelang van smaak)
  • knypie sout
  • 1 koppie pitlose rosyne
  • 1 eetlepel Maizena om sous dikker te maak

Voeg nou die perskes by en roer goed deur.
Kan warm of koud bedien word.

Foto 2 en resep: Marina Hiscock
Foto 1 en nota: Elize de Kock
Het ‘n halwe groenrissie in blokkies gesny, bygesit en ekstra kerrie omdat ons kan.

Nota:
Elaine Ackerman – Ek maak die sous, bottel en bêre die sous en sit partykeer piesangs, pynappel in die sous en elke keer het jy ‘n ander slaai.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page