Your Recipe Blog

MARIKE SE ROMERIGE KAAS- EN HOENDER PASTA

Recipe by
40 minute
| Servings: 4

MARIKE SE ROMERIGE KAAS- EN HOENDER PASTA

Julle! Ek het vanaand perongeluk myself oortref!!! Die foto lyk nie na veel nie, maar glo my, dis AMAZEBALLS!!!! Hier kom dit:

  • 1 groot ui, gekerf
  • olie van jou keuse
  • 4 hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 1 – 2 teelepels knoffel
  • sout na smaak
  • Robertson’s Italian Herbs
  • 2 eetlepels roomkaas (tamatie en basielie geur)
  • 800 g pasta, gekook volgens aanwysings op die verpakking
  • 250 ml room
  • ¼ koppie gerasperde sterk Cheddar kaas (matured Cheddar)
  • ½ koppie gewone Cheddar kaas

Braai die ui in baie olie op ‘n hoë hitte. Voeg die hoenderborsies gesny by sodra die uie begin bruin word, amper asof dit wil brand.
Voeg die knoffel by na smaak. Voeg sout by na smaak. Voeg ‘Italian herbs’ (ek gebruik Robertson’s s’n), sommer lekker baie baie!
Meng die roomkaas by tot dit smelt het en dit lyk asof die mengsel wil begin vasplak aan die bodem. Voeg die gaar pasta by die mengsel en roer deur. Voeg die room en Cheddar kaas by
Meng alles goed tot kaas trekerig en gesmelt is.
As die gereg bietjie dik lyk, voeg klein bietjie melk of nog room by.
Die dis moet romerig wees, maar nie loperig nie.
En Voila!! Daar het jy n fantastiese VETMAAK-ANTI-DIEET-CHEATMEAL aandete vir 4. (Maar my boyfriend het belowe om vir 4 te eet daarvan deur die loop van die aand, want ek eet min en ons is net 2).

Foto en resep: Marike Vos

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page