MARIETTE SE BEESSTERT
- 1 beesstert
- 2 uie, gesny
- 4 klein worteltjies, gesny
- 2 stingels seldery, gesny
- 1 gesnyde groen rissie
- 1 gesnyde prei stingel
- 1 pakkie Knorr ryk beesstertsop
- 2 eetlepels rooiwyn
- 1 eetlepel Maizena
- 3 eetlepels olie
- 4 koppies water
- 1 knippie sout
- 1 koppie gesnyde knopiesampioene
Rol die beesstert porsies in Maizena en braai bruin in olie.
Plaas die porsies in ‘n vuurvaste bak.
Kook die water, wyn en sop in die kastrol waarin vleis verbruin is.
Roer goed en giet oor die beesstert porsies in ‘n vuurvaste bak.
Voeg dan die wortels, uie, selderye, prei en groenrissie by die vleis.
Indien sous min is, voeg water of wyn by.
Bak in oond vir 3 – 4 ure by 180°C.
Voeg die knoppiessampioene by 30 min voor vleis sag is.
Nota:
Die gereg kan ook in drukkoker berei word.
Ek verdubbel die resep. Dit is so lekker en kan gevries word. Die sous is heerlik, lekker om broodrolletjies in te doop.
Resep: Mariette le Roux