MARIETA SE SMAAKLIKE NACHOS
Resep en foto : Marieta Viljoen
-
500 g maalvleis
-
1 x pakkie “Royco Savoury Mince” sous
-
1 x ui, gekap
-
1 x soetrissie (green pepper), gekap
-
250 g Nachos skyfies
- feta kaas, wit soetmelk kaas of kaas van jou keuse gerasper
-
250 ml suurroom
-
312 g Old El Paso chunky salsa
-
avokado, fyngemaak
-
Braai ui en voeg maalvleis by met soetrissie (green pepper). Braai tot die maalvleis gaar is.
-
Voeg die Royco Savoury Mince sous by aangemaak volgens die aanwysings op die pakkie.
-
Kook goed deur dat die geure kan trou.
-
Pak die Nachos skyfies in ‘n bord, skep maalvleis bo-oor, geur met feta kaas en wit soetmelk kaas.
-
Plaas in die mikrogolf oond tot kaas gesmelt is.
-
Nota: Salsa, suurroom en avokado kan na die tyd bygesit word vir ekstra smaak.

