MARIEBESKUITJIES “TRUFFLES” MET WIT SJOKOLADE
- 300 g Mariebeskuitjies
- 200 g wit smelt sjokolade
- 180 ml room
- 30 ml botter
- 15 ml vanilla geursel
- smelt sjokolade, vir doop
- vermicillie, vir doop
Maak mariebeskuitjies fyn in ‘n bak met ‘n glas se onderkant.
Plaas koekies oor in ‘n glasbak.
Sny sjokolade op in klein stukkies en sit by koekies.
Bring room en botter geleidelik tot kookpunt. Haal van hitte af sodra dit kook en meng vanilla by.
Meng die roommengsel by die koekiemengsel en roer tot sjokolade gesmelt is.
Sit in yskas tot gestol.
Rol balle en doop van hulle in vermicillie en die ander in die gesmelte sjokolade.
Laat weer stol en geniet.
Resep en foto: Zelda Herridge